Wednesday 2 October 2013

Tata


Dit is 'n groot verligting dat my "blog" finaal tot 'n punt gekom het. dit was nogal 'n besonderse ervaring en heelwat harde werk gewees.Moet my nie verkeerd verstaan nie, dit was pret om die "blog" te skep en die produkt van my harde werk, het af betaal. 
Dit lyk wonderlik.

Ek is beïndruk net hoe al my "blogs" lyk. dit gee my groot vreugde en blydskap om prente daarop te sit, dit gee dit daai "pazaz", daai "geneseqoi". As ek sien hoe mense my "blog" lees en kommentaar lewer daarop is dit vir my baie genotvol. Wat my lesers van my lewe as avontuur mamma geleer het is maar 'n druppel in die oseaan. Ek voel vol vertroue om die lewe met al sy uitdagings aan te pak.

Afrikaans is nie juis een van my sterkpunte nie. My moeder and vader verleen maar hul nadige hulp aan my. Ek is verseker hulle is ook verlig dat my tyd as 'n " blogger" om is.

Vir verder inligting is dit beter om in lewende lywe gesprek te voer.
Tot weersiens
Maar defnitief nie om die "blog" nie ;)

















Wednesday 25 September 2013

Wanneer hy die vertrek binne stap, volg die aroma hom.
Hier gaan ons alweer, my daglikse rituaal. Wanneer dit kom by doeke omruil is ek 'n perfesionis. Ek is nie 'n suinige mens nie en omdat my tyd van "blogging" amper om is wil ek net 'n afskeid geskenk los. Volg my instruksies deeglik en ek verseker Jou, jou baba, die mamma en jou beddegoed sal almal wenners wees.

Voorbereiding Stappe

Stap 1: Gooi oop jou omruil mat.

           * Glo my jy sal verkies om die omruil mat uit te was in plaas    van beddegoed.


Stap 2: Maak jou doek oop, gereed om te gebreuk.

Stap 3: Vou twee dik "wet wipes" dubbel en maak twee stelle daarvan.
          
          * Die rede daarvoor is, dit gee my nagmerries as mense een "wet wipe" oop maak en 'n kind se hele onderste gedeelte daarmee skoon maak. Al die fekale stof kom deur, op jou hande, "Eeu".




"Game On"

Stap 4: Maak oop die kind se doek, maak die kind se agterstert     skoon van buite na binne toe.
           
 *Gooi die vuil "wet wipes" in die vuil doek.

Stap 5: Ruil die vuil doek met die skoon doek en maak dit vas.


SJOE!!!

Wenke vir seuntjies

Met slapenstyd, sit 'n ekstra doek teen die bo kant aan, wat skyns afloop tussen die bene af en maak dit vas.

Dit verhoed die urine om bo deur te kom aangesien seuns boontoe urineer.

Doen die berekeninge.


Tuesday 17 September 2013

"Mmmmmm"



Ek het die oulikste kinders in die wereld....elke Ma dink dit van hulle kinders. As ek 'n boek moet skryf van al hulle avonture sal dit 'n treffer wees, of ek kan selfs dit 'n vervolgstuk maak. Wat dink jy?

Ek sal definitief begin met hoe hulle liefde vir God se skeppinge bestaan het.

As 'n baba, het ons gewoontlik vroeg aandete en mamma het my toegelaat om in die huis rond te speel voor slaapenstyd. Aangesien die hele vertrek se vloer uitgelê was met mat, kon ek my enige plek neer lê wanner ek moeg geword het tot mamma my op kom tel en my in my bed gaan neer lê.
Op 'n warm somersaand, het daar 'n mot in die kamer gevlieg. Ek jaag hom rond en probeer dit vang. Ek begin al hoe meer dink aan hoe dit sal proe en dit het my gemotiveer om die mot te vang. Hy gaan rus teen die gordyn en ek gryp hom en terwyl hy rondspring in my handjie, druk ek hom in my mond. Mamma kom die tergelyke tyd in die kamer en gil toe sy die mot se vlerk teen my wang sien.
Van daardie dag het ek die liefde vir klein diertjie gekoester. Diertjies soos spinnekoppe, kakkerlakke, erdwurms en muise was my gunsteling.Die liefde is seker erflik.

Kom hier

proe stukkie




Wednesday 4 September 2013

Die dag wat ek nooit sal vergeet nie.

Dit was vroeg een oggend, ek weet dit want die huis was doodstil. My ma plaas my op die reiseger stoel van ons smaraggroen Uno. Die oggend lug voel soos die koue van 'n yskas maar net tot my ma my bobo ( koningsblou kombers) bring. sy maak my vas met die stoelgord en gee dit 'n vinnige ruk om verseker te maak dis styf genoeg.
"Ons gaan jou twee voorste tande trek" en gerustel my dat ek onder narkose geplaas gaan word en geen pyn sal voel nie.
Die rit is lank, ek kan nie slaap nie, my gedagtes hol rond in my kop. Ek is op my senuwees toe ons optrek by 'n ou vaal gebou."Ek wil nie tandaards toe gaan nie" en my ma antwoord "dit sal alles piekfyn wees".
Met die ingaan van die gebou in die wagkamer is dit die glans van die enkele pienk perd wat ek eerste sien en met my ma se toesteming hop ek op haar stert.






Die arme perd met al haar ruitertjies sing al 
"neh". "Net een persoon op die perd" frons die nors verpleegster. Almal skrik en gee die perd 'n paar minute rus kans. Ek kan nie stil sit nie, my voete jiek, ek soek avontuur.

Ahhh. Ek kan voel my hart kry rus.

Ek het dit gevind














Ek sien my vriendin, Inshaaf wat ek daar onmoet het op die tafel lê,sy lyk so dood soos 'n mossie. Ek dink toe liewe bang Jan as dooie Jan en kies die haase pad. Ek jag die gang af en skree so hard soos 'n kerkklok dat almal kom kyk wat aan gaan. My ma neem my kamer toe en lê my neer op 'n kaal koue tafel.
" Mamma kom hier"
" Mamma kom hier"
" Wat is dit wat julle oor my neus sit"
" Mamma kom"
" hier"
" Mam"
" ma".



Wednesday 28 August 2013

                                                Avontuur Mamma
Ek hou baie van praat. Met 'n breë kennis oor werk, gesin en vriendskap. Jy noem dit, ek lewer kommentaar. My dilemma is dat ek nie my gesprek op papier kan oordra nie. om die rede, sit ek hier met 'n mond vol tande.

Verskoon my as ek deur my "blog" hol maar ek is ook besig om agter kleuters te hardloop, skoon te maak, kos te kook en my sunewees te tel.

Soos jy agterkom is ek 'n besige vrou en val gereeld oor my voete. Ek het nie juis die kans om te sit en te reflekteer op die lewe nie. Sodra ek vrye tyd beskikbaar het, is ek weer besig om te droom.Dit beteken nie dat ek 'n identiteits krisis het nie, ek weet presies wie ek is.

Ek is 'n mens wat na feite kyk en nie rus as iets my pla nie. Om mense te oordeel is nie my werk nie, want elke persoon lewenservarings bepaal wie hulle is. Ek glo vas dat alles vir 'n rede gebeur en ek is bly dat ek God in my lewe het om my te help en te lei in alles wat Hy my kant toe stuur.

Net soos ek God in alles sien, sien ek ook hoe die wêreld 'n speelgrond kan wees vir my kinders en hoe ek dit kan struktureer om klein avonture vir hulle te skep. Hulle is twee besige kleuters en vind avontuur by enige plek, in alles en met almal. Kom saam vir 'n glimlag in die lewe en avonture van kinders en hoe hulle jou aan jou stoel laat vashou.

"Versigtig Hamza".





" Shh Shh Shh Shh"

"Toemaar, laat mamma sien."