Wednesday 4 September 2013

Die dag wat ek nooit sal vergeet nie.

Dit was vroeg een oggend, ek weet dit want die huis was doodstil. My ma plaas my op die reiseger stoel van ons smaraggroen Uno. Die oggend lug voel soos die koue van 'n yskas maar net tot my ma my bobo ( koningsblou kombers) bring. sy maak my vas met die stoelgord en gee dit 'n vinnige ruk om verseker te maak dis styf genoeg.
"Ons gaan jou twee voorste tande trek" en gerustel my dat ek onder narkose geplaas gaan word en geen pyn sal voel nie.
Die rit is lank, ek kan nie slaap nie, my gedagtes hol rond in my kop. Ek is op my senuwees toe ons optrek by 'n ou vaal gebou."Ek wil nie tandaards toe gaan nie" en my ma antwoord "dit sal alles piekfyn wees".
Met die ingaan van die gebou in die wagkamer is dit die glans van die enkele pienk perd wat ek eerste sien en met my ma se toesteming hop ek op haar stert.






Die arme perd met al haar ruitertjies sing al 
"neh". "Net een persoon op die perd" frons die nors verpleegster. Almal skrik en gee die perd 'n paar minute rus kans. Ek kan nie stil sit nie, my voete jiek, ek soek avontuur.

Ahhh. Ek kan voel my hart kry rus.

Ek het dit gevind














Ek sien my vriendin, Inshaaf wat ek daar onmoet het op die tafel lê,sy lyk so dood soos 'n mossie. Ek dink toe liewe bang Jan as dooie Jan en kies die haase pad. Ek jag die gang af en skree so hard soos 'n kerkklok dat almal kom kyk wat aan gaan. My ma neem my kamer toe en lê my neer op 'n kaal koue tafel.
" Mamma kom hier"
" Mamma kom hier"
" Wat is dit wat julle oor my neus sit"
" Mamma kom"
" hier"
" Mam"
" ma".



4 comments:

  1. Jou arme kind. Ek hoop dat sy nogsteeds so baie glimlag:D. Sy lyk soos sy jou baie besig hou. So oulik!

    ReplyDelete
  2. Jou kinders lyk net soos jou! Hulle is so oulikies :-) "I touch your legggggg."

    ReplyDelete
  3. Jy het my laat glimlag!

    Enkele opmerkings:

    1. reiseger stoel - passasiersitplek
    2. stoelgord - veiligheidsgordel
    3. verseker te maak - seker te maak
    4. gerustel my - en stel my gerus
    5. optrek - stilhou
    6. jiek - jeuk
    7. haase pad - hasepad
    8. jag - jaag

    ReplyDelete
  4. Baie pragtig1 jy moet soe trots op jou kinders wees.

    ReplyDelete