Ek hou baie van praat. Met 'n breë kennis oor werk, gesin en vriendskap. Jy noem dit, ek lewer kommentaar. My dilemma is dat ek nie my gesprek op papier kan oordra nie. om die rede, sit ek hier met 'n mond vol tande.
Verskoon my as ek deur my "blog" hol maar ek is ook besig om agter kleuters te hardloop, skoon te maak, kos te kook en my sunewees te tel.
Soos jy agterkom is ek 'n besige vrou en val gereeld oor my voete. Ek het nie juis die kans om te sit en te reflekteer op die lewe nie. Sodra ek vrye tyd beskikbaar het, is ek weer besig om te droom.Dit beteken nie dat ek 'n identiteits krisis het nie, ek weet presies wie ek is.
Ek is 'n mens wat na feite kyk en nie rus as iets my pla nie. Om mense te oordeel is nie my werk nie, want elke persoon lewenservarings bepaal wie hulle is. Ek glo vas dat alles vir 'n rede gebeur en ek is bly dat ek God in my lewe het om my te help en te lei in alles wat Hy my kant toe stuur.
Net soos ek God in alles sien, sien ek ook hoe die wêreld 'n speelgrond kan wees vir my kinders en hoe ek dit kan struktureer om klein avonture vir hulle te skep. Hulle is twee besige kleuters en vind avontuur by enige plek, in alles en met almal. Kom saam vir 'n glimlag in die lewe en avonture van kinders en hoe hulle jou aan jou stoel laat vashou.
"Versigtig Hamza".
" Shh Shh Shh Shh"
"Toemaar, laat mamma sien."